Openbaring 19:6-9

Openbaring 19:6-9 ABA

En ek het iets gehoor. Dit was soos die stemme van baie mense en soos baie water wat raas en soos harde donderweer. Hulle het gesê: “Ons prys die Here, want Hy regeer! Ons God, die Almagtige, regeer! Ons moet bly wees! Baie bly! Kom ons prys Hom, ons Koning! Want dit is nou die tyd wanneer die Lam gaan trou! Ja, sy bruid het haarself mooi gemaak! God het vir haar gesê sy mag mooi klere aantrek, klere wat blink en skoon is! Ja, die mooi klere is die goeie dinge wat die mense gedoen het, die mense wat aan God behoort.” En die engel het vir my gesê: “Jy moet skryf: ‘God het party mense genooi na die ete wanneer die Lam trou. Daardie mense is gelukkige mense!’ ” Die engel het ook vir my gesê: “God sê dit, en alles wat Hy sê, is waar!”

Video vir Openbaring 19:6-9