Psalms 9:1-12

Psalms 9:1-12 ABA

Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos die lied “Die dood van die seun.” 'n Psalm van Dawid. Here, ek wil U prys met my hele hart, ek wil vertel van al die wonderlike dinge wat U doen. Hoogste God, ek wil vrolik en bly wees oor U, ek wil sing om u Naam te eer. Wanneer my vyande voor U moet kom staan, dan vlug hulle en hulle val en sterf, want U het gesê ek is onskuldig, U het reg gedoen aan my. U is 'n regverdige Regter wanneer U op u troon gaan sit. U het vir die volke gesê U sal hulle straf, U het die mense wat verkeerd doen, doodgemaak. Niemand onthou nou hulle name nie. U het ons vyande oorwin, U het hulle stede verwoes, en waar die stede was, is nou net hope klippe. Niemand onthou nou dat daardie stede daar was nie. Die Here regeer vir altyd, Hy is gereed om te oordeel wanneer Hy op sy troon gaan sit. Hy sal regverdig wees wanneer Hy die wêreld oordeel, Hy sal reg doen aan almal wanneer Hy die volke oordeel. Die Here beskerm 'n mens wat homself nie kan beskerm nie, Hy beskerm die mense met wie dit sleg gaan. Die mense wat vir U ken, weet dat U sal doen wat U sê, want U los nie die mense wat naby U wil wees nie. Julle moet vir die Here sing en Hom prys, die Here wat op Sionsberg woon, julle moet vir die volke vertel wat die Here gedoen het