PSALMS 9:1-12
PSALMS 9:1-12 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos die lied “Die dood van die seun.” 'n Psalm van Dawid. Here, ek wil U prys met my hele hart, ek wil vertel van al die wonderlike dinge wat U doen. Hoogste God, ek wil vrolik en bly wees oor U, ek wil sing om u Naam te eer. Wanneer my vyande voor U moet kom staan, dan vlug hulle en hulle val en sterf, want U het gesê ek is onskuldig, U het reg gedoen aan my. U is 'n regverdige Regter wanneer U op u troon gaan sit. U het vir die volke gesê U sal hulle straf, U het die mense wat verkeerd doen, doodgemaak. Niemand onthou nou hulle name nie. U het ons vyande oorwin, U het hulle stede verwoes, en waar die stede was, is nou net hope klippe. Niemand onthou nou dat daardie stede daar was nie. Die Here regeer vir altyd, Hy is gereed om te oordeel wanneer Hy op sy troon gaan sit. Hy sal regverdig wees wanneer Hy die wêreld oordeel, Hy sal reg doen aan almal wanneer Hy die volke oordeel. Die Here beskerm 'n mens wat homself nie kan beskerm nie, Hy beskerm die mense met wie dit sleg gaan. Die mense wat vir U ken, weet dat U sal doen wat U sê, want U los nie die mense wat naby U wil wees nie. Julle moet vir die Here sing en Hom prys, die Here wat op Sionsberg woon, julle moet vir die volke vertel wat die Here gedoen het
PSALMS 9:1-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Sterf vir die Seun.” 'n Psalm van Dawid. Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel. In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste, omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig. Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter! U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd. Die vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan. Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel. En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg. So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE! Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
PSALMS 9:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier: op die wysie van “By die dood van die seun”. 'n Psalm van Dawid. Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel. Oor U wil ek my verbly en vrolik wees, u Naam wil ek besing, o Allerhoogste. Toe U verskyn het, het my vyande gevlug, hulle het gestruikel en omgekom. Toe U op die troon gaan sit het as betroubare regter, het U aan my reg laat geskied. U het die nasies met vernietiging gedreig, die skuldiges laat omkom, hulle naam vir altyd uitgewis. Dit is klaar met die vyand, daar bly net puinhope oor. U het hulle stede verwoes, niemand dink eers meer aan hulle nie. Die Here is altyd op sy troon; op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak. Hy lewer 'n regverdige uitspraak oor alle mense, Hy vel 'n billike vonnis oor die nasies. Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie. Sing tot eer van die Here wat op Sion woon, vertel die volke van sy dade!
PSALMS 9:1-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Op “Dood van die seun”. 'n Psalm. Van Dawid. Ek wil die HERE prys met my hele hart; ek wil van al u wonderdade vertel. Ek wil bly wees en my in U verheug; ek wil u Naam besing, Allerhoogste. Wanneer my vyande terugdeins, struikel hulle en kom hulle om vanweë u teenwoordigheid, want U het my reg in my regsaak gehandhaaf. U het op die troon gesit as 'n regverdige regter. U het die nasies tereggewys, die goddeloses vernietig; hulle naam het U vir altyd en ewig uitgewis. Die vyand – hulle is tot niet, puinhope vir goed. Die stede het U ontwortel. Die herinneringe aan hulle, dit het verdwyn. Die HERE regeer vir ewig; Hy vestig sy troon vir die regspraak. Hý oordeel die wêreld in •geregtigheid; oor die nasies spreek Hy reg met billikheid. Die HERE sal 'n toevlugsoord wees vir die onderdrukte, 'n toevlugsoord in tye van nood. Wie u Naam ken, kan op U vertrou, want U laat hulle wat U soek nie in die steek nie, HERE. Besing die HERE wat in Sion regeer; maak sy dade onder die volke bekend.
PSALMS 9:1-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil U loof, HERE, met my hele hart; Ek sal al u wonderwerke bekend maak. Ek sal bly wees en juig in U; ek wil lofsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste. Wanneer my vyande teruggekeer word, sal hulle val en voor u aangesig omkom. Want U het my reg en my saak gehandhaaf; jy sit op die troon en oordeel reg. U het die heidene bestraf, U het die goddelose verdelg, U het hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd. O vyand, verwoestings het tot 'n ewige einde gekom, en jy het stede verwoes; hulle gedenkteken is saam met hulle vergaan. Maar die HERE sal vir ewig bestaan: Hy het sy troon gereed gemaak vir oordeel. En Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid, Hy sal die volk oordeel in opregtheid. Die HERE sal ook 'n toevlug wees vir die verdruktes, 'n toevlug in tye van benoudheid. En die wat u Naam ken, sal op U vertrou, want U, HERE, het die wat U soek, nie verlaat nie. Sing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy handelinge. Wanneer Hy na bloed vra, dink Hy aan hulle; Hy vergeet nie die geroep van die nederiges nie.
PSALMS 9:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
HERE, ek sal U prys met my hele hart. Ek sal vertel van al u wonderlike dade. Ek sal juig in die vreugde wat U gee. Ek sal u Naam prys, o Allerhoogste. Wanneer my vyande omdraai en vlug, sal hulle voor U struikel en vernietig word. Want U het in my guns beslis; U het op u troon as regter regverdig geoordeel. U het die nasies berispe en die goddeloses vernietig; U het hulle name vir altyd uitgevee. Die vyande se ondergang het gekom; hulle stede is puinhope vir altyd. Niemand kan hulle meer onthou nie. Maar die HERE regeer vir altyd, sy troon het Hy vir regspraak ingerig. Hy sal die wêreld met regverdigheid oordeel, en in billikheid oor die volke regspreek. Die HERE is ’n skuilplek vir die onderdrukte, ’n toevlug in tye van moeilikheid. Dié wat u Naam bely, vertrou op U, want niemand wat U soek, laat U in die steek nie, HERE. Sing lofliedere vir die HERE wat op Sion woon, vertel van sy dade onder die volke.