Vir die •musiekleier. Op “Dood van die seun”. 'n Psalm. Van Dawid. Ek wil die HERE prys met my hele hart; ek wil van al u wonderdade vertel. Ek wil bly wees en my in U verheug; ek wil u Naam besing, Allerhoogste. Wanneer my vyande terugdeins, struikel hulle en kom hulle om vanweë u teenwoordigheid, want U het my reg in my regsaak gehandhaaf. U het op die troon gesit as 'n regverdige regter. U het die nasies tereggewys, die goddeloses vernietig; hulle naam het U vir altyd en ewig uitgewis. Die vyand – hulle is tot niet, puinhope vir goed. Die stede het U ontwortel. Die herinneringe aan hulle, dit het verdwyn. Die HERE regeer vir ewig; Hy vestig sy troon vir die regspraak. Hý oordeel die wêreld in •geregtigheid; oor die nasies spreek Hy reg met billikheid. Die HERE sal 'n toevlugsoord wees vir die onderdrukte, 'n toevlugsoord in tye van nood. Wie u Naam ken, kan op U vertrou, want U laat hulle wat U soek nie in die steek nie, HERE. Besing die HERE wat in Sion regeer; maak sy dade onder die volke bekend.
Lees Psalms 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 9:1-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's