Psalms 89:38-52

Psalms 89:38-52 ABA

Dit is so seker soos die maan, die getuie wat altyd in die lug is.” Maar, Here, U is nou kwaad vir u gesalfde, U het hom weggestoot, U het hom gelos. U het gemaak of U nie 'n verbond met u dienaar gemaak het nie, U het sy kroon op die grond laat val, en dit het vuil geword. U het al die mure om sy stad laat afbreek, U het sy sterk mure laat verwoes. Almal wat daar verbykom op die pad, vat die goed in die stad, die volke daar naby spot en lag vir die koning. U het sy vyande laat wen teen hom, U het al sy vyande bly gemaak. U het sy eie swaard stomp gemaak, hy kon nie wen en bly staan in die oorlog nie. U het hom laat ophou om koning te wees, U het sy troon omgegooi, dit lê op die grond. U het hom gou oud laat word, U het hom alles laat verloor. Sela Here, hoe lank wil U nog maak of U dit nie weet nie? Altyd? Hoe lank wil U kwaad bly en ons laat brand soos in 'n vuur? U moet onthou dat my lewe kort is. U het al die mense so gemaak dat hulle maklik sterf. Watter mens wat lewe, sal nie sterf nie? Niemand. Watter mens kan homself vrymaak van die dood? Niemand. Sela U het altyd gedoen wat U belowe het, hoekom doen U dit nie nou ook nie? Hoekom het U nie dieselfde gebly soos U vir Dawid belowe het nie? My Here, U moet daaraan dink dat mense vir my, u dienaar, gespot het. Ek het gehoor hoe al die volke my spot. Here, die mense wat my spot, is u vyande, hulle het vir my, u gesalfde, gespot oral waar ek gaan.