Van Salomo. O God, U moet vir die koning leer om reg te regeer en om reg te doen soos U. Ons bid dat hy reg sal regeer oor u volk, dat hy reg sal oordeel oor mense wat aan U behoort en wat hulleself nie kan help nie. Daar moet vrede wees en almal moet reg doen in die hele land, tot op die berge en die heuwels. Die koning moet reg doen aan die mense wat hulleself nie kan help nie, hy moet die arm mense red en hy moet die mense straf wat ander mense laat swaarkry. O God, die mense moet vir U dien so lank soos die son en die maan daar is, in hierdie geslag en in elke geslag daarna. Die koning moet vir sy mense wees soos reën op grond waar die gras kort is, soos swaar reën wat die aarde natmaak. Dit moet baie goed gaan met elkeen wat reg doen, daar moet vrede wees vir almal so lank soos die koning lewe, so lank soos die maan daar is. Die koning moet regeer van die een see tot by die ander see, van die Eufraat-rivier tot by die verste plekke op die aarde. Die mense wat in die woestyn woon, moet voor die koning kom buig, sy vyande moet voor hom op die grond kom lê. Konings van die land Tarsis en van die eilande moet vir hom presente bring, konings van die lande Skeba en Seba moet aan hom belasting betaal. Al die konings moet voor hom buig, al die volke moet vir hom werk. Want die koning sal die arm mense red wat vra dat hy hulle moet help, die mense wat hulleself nie kan help nie en vir wie niemand wil help nie. Hy sal jammer wees vir die arm mense, die mense wat niks het nie, hy sal die lewens van die arm mense red. Hy sal hulle wegneem van die mense wat hulle seermaak en hulle laat swaarkry. Die arm mense se lewens is vir die koning kosbaar, niemand mag hulle doodmaak nie.
Lees Psalms 72
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 72:1-14
7 dae
Uit die Beek se tekskeuse vir elke dag is grootliks op die "Revised Common Lectionary" gebaseer. Dit maak hierdie dagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag jy die Here leer ken soos Hy werklik is.
25 Days
Christmas is truly the greatest story ever told: one of God’s perfect faithfulness, power, salvation, and unfailing love. Let’s take a journey over the next 25 days to discover God’s intricate plan to save the world from sin and the promises fulfilled in the birth of His Son.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's