Van Salomo. Leer tog die koning, o God, om te regeer volgens u wil, leer die koning om die reg te handhaaf soos U dit wil, sodat hy regverdige beslissings oor u volk sal vel en aan die verdruktes reg laat geskied. Laat berge en rante hulle verbly oor die vrede en reg vir die volk. Laat die koning die reg van die verdruktes onder die volk beskerm, laat hy armes te hulp kom en verdrukkers verbrysel, sodat die mense U kan dien so lank as die son en die maan daar is, van geslag tot geslag. Mag die koning vir sy mense wees soos die reën vir die plante, soos swaar reëns wat die aarde deurdrenk. Mag die reg onder sy regering floreer en mag daar vir altyd groot voorspoed wees. Mag hy heers van see tot see, van die Eufraat af tot in verre lande. Mag die woestynbewoners voor hom kniel en sy vyande voor hom in die stof kruip. Mag die konings van Tarsis en die kuslande geskenke bring, die konings van Skeba en Seba aan hom belasting betaal. Mag alle konings voor hom buig en al die nasies hom dien. Hy sal die arme red wat om hulp roep, die verdrukte en dié wat geen helper het nie; hy sal hom oor die swakke en die behoeftige ontferm, die lewens van die arm mense beskerm. Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry; hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë.
Lees PSALMS 72
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 72:1-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's