Psalms 46:2-6

Psalms 46:2-6 ABA

God beskerm ons en Hy maak ons sterk, Hy is altyd gereed om ons te help. Daarom is ons nie bang nie, ook nie wanneer die aarde skud, en die berge tot in die see val nie, ook nie wanneer die water van die see raas en skuim, en sy wilde branders die berge laat bewe nie. Sela Daar is 'n rivier, sy strome maak die mense bly wat woon in die stad van God, die gewyde woonplek van die Hoogste God. God is in hierdie stad, niemand sal die stad oorwin nie, God sal die stad help wanneer dit oggend word.