PSALMS 46:2-6
PSALMS 46:2-6 Bybel vir almal (ABA)
God beskerm ons en Hy maak ons sterk, Hy is altyd gereed om ons te help. Daarom is ons nie bang nie, ook nie wanneer die aarde skud, en die berge tot in die see val nie, ook nie wanneer die water van die see raas en skuim, en sy wilde branders die berge laat bewe nie. Sela Daar is 'n rivier, sy strome maak die mense bly wat woon in die stad van God, die gewyde woonplek van die Hoogste God. God is in hierdie stad, niemand sal die stad oorwin nie, God sal die stad help wanneer dit oggend word.
PSALMS 46:2-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela. Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste. God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
PSALMS 46:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid. Sela Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste. God is daar; die stad sal nie wankel nie. God sal hom help nog voor die môre kom.
PSALMS 46:2-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God is vir ons 'n skuilplek en 'n bron van krag; as hulp in benoudheid is Hy altyd te vinde. Daarom sal ons nie bang wees wanneer die aarde skud, en berge wankel in die hart van die see nie. Sy waters kan maar woed, kan maar skuim, berge kan maar bewe in sy dreuning. •Sela Daar is 'n rivier – sy watervore verskaf vreugde aan die stad van God, die heiligste woonplek van die Allerhoogste. God is in haar midde, sy sal nie wankel nie. God sal haar help wanneer die oggend aanbreek.
PSALMS 46:2-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal ons nie vrees nie, al wankel die aarde en al word die berge in die middel van die see weggevoer; Al dreun sy waters en word ontsteld, al bewe die berge van die swelling daarvan. Sela. Daar is 'n rivier, waarvan die strome die stad van God bly maak, die heiligdom van die hutte van die Allerhoogste. God is in haar midde; sy sal nie wankel nie: God sal haar help, en dit vroegtydig. Die heidene het gewoed, die koninkryke het geruk; hy het sy stem laat hoor, die aarde het gesmelt.
PSALMS 46:2-6 Die Boodskap (DB)
As ons in ons nood wil vlug, kan ons na God toe vlug. Hy is baie sterk. As ons beskerming soek, sal die Here ons beskerm. As ons in die moeilikheid is, sal Hy ons help. Daarom skrik ons vir niks nie. Al sou die aarde bewe en dit lyk of die berge in die see wil wegsak, ons is nie bang nie. Al druis en skuim die see, en al skud dit die berge heen en weer. Die vloei van ’n waterstroom bring vreugde in die Godstad. God self bly daar. Daarom sal niks slegs dit kan tref nie. Voor hulp nog nodig is, het God reeds gehelp.
PSALMS 46:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help. Daarom sal ons nie bang wees nie, al bewe die aarde, al verskuif die berge diep in die see; al bruis en skuim die waters, al skud die berge as die waters styg! Sela Die strome van die rivier bring vreugde in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste. God self woon daar; dit sal nie beweeg nie. As die dag breek, sal God kom help.