Psalms 40:1-5

Psalms 40:1-5 ABA

Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm. Ek het aangehou wag dat die Here my moet help, en Hy het na my toe gebuig en gehoor hoe ek kla en sug. En toe het Hy my opgetrek uit die diep gat vol slym en modder, ek het amper daar gesterf. Hy het my op 'n rots neergesit, my voete kon daar vas staan. Hy het vir my 'n nuwe lied laat sing, 'n lied om ons God te prys. Baie mense het gesien wat Hy gedoen het, en hulle het Hom gerespekteer en gedien, hulle het geglo dat die Here hulle sal help. Dit gaan goed met 'n mens wat glo dat die Here hom sal help, 'n mens wat nie vra dat afgode hom moet help nie, dinge wat nie gode is nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid