Dit gaan goed met die mense wat heeltemal reg lewe,
die mense wat lewe soos die Here vir hulle geleer het.
Dit gaan goed met mense wat doen wat die Here sê
en wat met hulle hele hart naby Hom wil wees.
Hulle is ook mense wat nie verkeerde dinge doen nie
en wat lewe soos die Here wil hê.
U het self vir ons gesê wat ons moet doen,
en ons moet dit presies so doen.
Ek bid dat ek sal aanhou om te lewe soos u wette sê.
Wanneer ek gehoorsaam is aan al u gebooie,
dan sal ek altyd weet wat om te doen.
Wat U besluit, is altyd reg.
Wanneer ek dit geleer het,
dan sal ek vir U dankie sê met my hele hart.
Ek sal doen wat u wette sê,
U moet my nie heeltemal alleen los nie.
Wat moet jongmense doen
sodat hulle kan weet hoe hulle moet lewe?
Hulle moet doen wat U sê.
Ek wil naby U wees met my hele hart,
U moet keer dat ek nie
ongehoorsaam is aan u gebooie nie.
Ek dink altyd aan wat U gesê het,
dit keer my dat ek nie sonde doen teen U nie.
Here, ek prys U,
U moet vir my leer wat u wette sê.
Ek wil vir die mense alles sê wat U besluit het.
Dit maak my bly om te lewe soos U sê,
so bly soos wanneer 'n mens alles het wat hy nodig het.
Ek sal dink aan wat U beveel het,
ek sal goed luister na wat U wil hê.
Ek sal altyd bly wees oor u wette,
ek sal nie vergeet wat U gesê het nie.
As U goed is vir my, u dienaar,
dan sal ek lewe en ek sal doen wat U gesê het.
U moet my oë oopmaak,
sodat ek kan sien hoe wonderlik
die dinge is wat U vir ons leer.
Ek sal nie lank hier op die aarde wees nie,
U moet vir my leer wat u gebooie sê.
My hart is seer, want ek verlang altyd
om te hoor wat U besluit het.
U praat kwaai met die hoogmoedige mense,
U het hulle vervloek.
Hulle is die mense wat nie wil doen
wat u gebooie sê nie.
U moet keer
dat mense my nie spot en verneder nie,
want ek doen wat U sê.
Ook wanneer belangrike mense
saam planne maak teen my,
dan sal ek, u dienaar, altyd aan u wette dink.
Wat U sê, maak my bly,
dit sê vir my wat ek moet doen.
Wanneer dit sleg gaan met my,
dan moet U my laat aanhou lewe, soos U gesê het.
Toe ek vir U vertel het van my lewe,
toe het U my geantwoord.
U moet vir my leer wat u wette sê.
U moet my help om te verstaan wat U beveel,
sodat ek oor u wonderwerke kan dink.
Ek smelt weg van die pyn,
U moet my regop hou, soos U gesê het.
U moet keer dat ek nie vals lewe nie,
U moet genadig wees vir my en vir my leer.
Ek het gekies om eerlik te lewe,
ek het onthou wat U besluit het.
Here, ek hou vas aan wat U sê,
U moet my help om te weet wat ek moet doen.
Ek wil graag lewe soos u gebooie sê,
want U sal my help om dit te verstaan.
U moet vir my leer wat u wette beteken,
sodat ek altyd kan doen wat die wette sê.
U moet my help om te verstaan,
sodat ek kan doen wat U vir my leer
en sodat ek daaraan gehoorsaam kan wees
met my hele hart.
U moet my laat lewe soos u gebooie sê,
want dit is vir my lekker.
U moet my help
sodat ek graag sal wil doen wat U sê
en nie sal kies om ryk te word nie.
U moet my help sodat ek nie dinge wil hê
wat niks beteken nie,
U moet my laat lewe soos U wil hê.
U moet vir my doen wat U belowe het,
vir my, u dienaar,
want U het dit belowe vir mense wat vir U dien.
U moet keer dat mense my nie spot nie,
ek is bang daarvoor, want wat U besluit, is goed.
U moet dit weet, ek wil graag hoor wat U beveel,
U sal reg doen en my laat aanhou lewe.