Psalms 100:1-4

Psalms 100:1-4 ABA

'n Psalm. Om dankie te sê. Almal op die aarde, julle moet juig vir die Here. Julle moet bly wees en julle moet die Here dien, julle moet voor Hom kom sing. Julle moet weet dat die Here God is. Hy het ons gemaak, en ons is Syne, ons is sy volk, ons is die skape wat aan Hom behoort. Julle moet deur sy poorte inkom en vir Hom dankie sê, julle moet voor sy tempel kom staan en julle moet Hom prys. Julle moet vir Hom dankie sê, julle moet sy Naam prys.