Psalms 100:1-4

Psalms 100:1-4 AFR20

'n Psalm. Vir lofprysing. Juig tot eer van die HERE, o ganse aarde! Dien die HERE met blydskap, kom in sy teenwoordigheid met 'n gejubel. Erken dat die HERE God is; Hy het ons gemaak; aan Hom behoort ons, sy volk, die kleinvee wat Hy laat wei. Gaan sy poorte binne met lofprysing, sy voorhowe met 'n loflied; loof Hom, prys sy Naam.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid