Die Here sê: “Daar is nou baie soldate in Nineve, en hulle is sterk. Maar hulle sal almal in oorlog sterf. My volk, Ek het julle laat swaarkry, maar Ek sal julle nie weer laat swaarkry nie. Ek sal julle nou vrymaak. Nineve sal nie meer regeer oor julle nie.” Nineve, die Here het gesê die vyande moet jou verwoes, niemand sal jou naam weer noem nie. Die Here sê: “Ek sal die beelde stukkend breek wat in jou afgod se tempel is. Ek grawe vir jou 'n graf, want jy beteken niks. Kyk, daar oor die berge kom iemand wat 'n boodskap bring. Hy bring goeie nuus, hy sê daar sal vrede wees. Hy sê: ‘Mense van Juda, julle moet julle feeste vier. Julle moet vir die Here gee wat julle belowe het. Die slegte mense wat julle verdruk het, sal nie weer in julle land kom nie. Hulle is dood.’ ”
Lees Nahum 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nahum 1:12-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's