Jesus en sy dissipels het in Kapernaum gekom. Toe Jesus in die huis kom, het Hy vir die dissipels gevra: “Waaroor het julle met mekaar gestry terwyl julle geloop het?” Maar hulle het stilgebly, want terwyl hulle geloop het, het hulle met mekaar gestry oor wie die belangrikste is. Nadat Jesus gaan sit het, het Hy die twaalf dissipels geroep en vir hulle gesê: “As iemand die belangrikste wil wees, dan moet hy die minste belangrik van almal wees en dan moet hy almal dien.” Jesus het 'n kindjie geneem en Hy het die kindjie voor hulle laat staan. Hy het die kindjie in sy arms vasgehou en vir sy dissipels gesê: “Wanneer iemand vir een van die kinders wat aan My behoort, sê hy is welkom, dan sê hy Ek is ook welkom by hom. En wanneer Ek by iemand welkom is, dan is my Vader wat My gestuur het, ook welkom by hom.”
Lees Markus 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 9:33-37
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's