Matteus 15:16-19

Matteus 15:16-19 ABA

Jesus het vir hom gesê: “Julle is my dissipels, maar ook júlle verstaan dit nou nog nie. Julle weet dat die kos wat in 'n mens se mond ingaan, na sy maag gaan en dan weer uit sy liggaam uitgaan. Maar die woorde wat uit 'n mens se mond kom, kom uit sy hart. Dit is hierdie dinge wat 'n mens onrein maak. Want die slegte dinge wat 'n mens dink, kom van binne, uit 'n mens se hart. Dit is daardie slegte gedagtes wat hom sonde laat doen, soos om mense te vermoor, of egbreuk te pleeg, of seks te hê met iemand met wie jy nie mag nie, of te steel of te lieg of sleg te praat van ander mense.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 15:16-19

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid