Levitikus 11:4-19

Levitikus 11:4-19 ABA

Daar is ook diere wat herkou maar wat nie gesplete hoewe het nie. Julle mag hulle nie eet nie, hulle is onrein vir julle. Dit is kamele, dassies en hase. Varke het gesplete hoewe, maar hulle herkou nie. Hulle is onrein vir julle. Julle mag nie hierdie diere se vleis eet nie en julle mag nie aan hulle dooie liggame raak nie, hulle is onrein vir julle. “Julle mag eet van die diere in die water, in die see en in die riviere as die diere vinne en skubbe het. Maar as die diere wat in die see en in die riviere is, nie vinne en skubbe het nie, dan mag julle niks eet van hulle nie, niks van al die baie klein diertjies wat in die water lewe nie. Julle mag nooit van hulle eet nie. Julle mag nie hulle vleis eet nie en julle mag nie aan hulle dooie liggame raak nie. Julle mag nie iets eet wat nie vinne en skubbe het nie. “Julle mag nie van hierdie voëls eet nie, julle moenie aan hulle raak nie: arende, aasvoëls, vis-arende, valke, kraaie, volstruise, seemeeue, uile, pelikane, visvangers, duikers, ooievaars, reiers en hoep-hoepe. Julle mag ook nie vlermuise eet nie