LEVITIKUS 11:4-19

LEVITIKUS 11:4-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle; en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle; en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle; ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie — onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie — onrein is hulle vir julle. Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere — dit mag julle eet. Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is — 'n gruwel is dit vir julle. Ja, 'n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir 'n gruwel hou. Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie — 'n gruwel is dit vir julle. En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou — hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël; en die kuikendief en die valk volgens sy soorte; elke kraai volgens sy soorte; en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte; en die steenuil en die visvanger en die steunuil; en die silweruil en die pelikaan en die klein-aasvoël; en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.

LEVITIKUS 11:4-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“ ‘ Die volgende diere wat herkou of wat gesplete hoewe het, mag julle egter nie eet nie: “ ‘Kamele, want hulle herkou maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle •onrein; “ ‘Dassies, want hulle herkou maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle onrein; “ ‘Hase, want hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie – hulle is beslis vir julle onrein; “ ‘ Varke, want hulle het volledig gesplete hoewe, maar hulle herkou nie – hulle is beslis vir julle onrein. “ ‘Van hulle vleis mag julle glad nie eet nie en aan hulle karkasse mag julle nie raak nie. Hulle is beslis vir julle onrein. “ ‘ Van alles wat in water is, mag julle die volgende eet: “ ‘Alles met vinne en skubbe wat in die oseane of in waterstrome leef, dít mag julle eet. Maar alles in die oseane of in waterstrome wat nie vinne of skubbe het nie – van alles wat krioel in water en van enige lewende wese wat in water hou – dit moet vir julle beslis afstootlik wees. Afstootlik moet dit vir julle wees: Julle mag nie van hulle vleis eet nie en hulle karkasse moet julle as afstootlik beskou. Alles in die water sonder vinne en skubbe moet vir julle beslis afstootlik wees. “ ‘ Die volgende diere met vlerke moet vir julle afstootlik wees en julle mag dit nie eet nie, hulle is beslis afstootlik: “ ‘gewone arende, breëkop-arende; swartaasvoëls, jakkalsvoëls en alle soorte valke; alle soorte kraaie; steenuile, ooruile; seemeeue; alle soorte kleinvalkies, naguiltjies; visarende; grasuile, nonnetjiesuile; bontkraaie; Egiptiese aasvoëls, ooievaars en alle soorte reiers; hoep-hoepe en vlermuise.

LEVITIKUS 11:4-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Maar dit mag julle nie eet van die wat herkou of van die wat kloue verdeel nie: soos 'n kameel, omdat hy herkou, maar die kloue nie verdeel nie; hy is vir julle onrein. En die kegel, omdat hy herkou, maar die kloue nie verdeel nie; hy is vir julle onrein. En die haas, omdat hy herkou, maar die kloue nie verdeel nie; hy is vir julle onrein. En die varke, al het hy die kloue verdeel en gesplete, nog herkou hy nie; hy is vir jou onrein. Van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas mag julle nie aanraak nie; hulle is vir jou onrein. Dit moet julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die waters, in die see en in die riviere, dit moet julle eet. En almal wat nie vinne en skubbe het in die see en in die riviere nie, van alles wat in die water beweeg, en van al die lewende wesens wat in die water is, hulle sal vir julle 'n gruwel wees. Hulle sal vir julle 'n gruwel wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, maar hulle lyke sal vir julle 'n gruwel wees. Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie, dit sal vir julle 'n gruwel wees. En dit is hulle wat julle as gruwel onder die voëls sal hê; hulle mag nie geëet word nie, hulle is 'n gruwel: die arend en die ossifrad en die visarend, En die aasvoël en die vlieër volgens sy soorte; Elke raaf volgens sy soorte; En die uil en die nagvalk en die koekoek en die valk volgens sy soorte, En die klein uil en die aalscholvers en die groot uil, En die swaan en die pelikaan en die gierarend, En die ooievaar, die reier volgens sy soorte, en die kiewiete en die vlermuis.