Ses dae voor die Paasfees het Jesus na Betanië gegaan. Betanië was die plek waar Lasarus gewoon het. Jesus het voorheen vir Lasarus weer laat lewe nadat Lasarus gesterf het. Die mense het vir Jesus 'n ete gemaak. Marta het die kos bedien en Lasarus was een van die mense wat saam met Jesus geëet het. Maria het 'n halwe liter lekkerruik-olie gebring. Die olie was baie duur, want dit was regte nardus-olie. Maria het die olie op Jesus se voete gegooi en sy het toe Jesus se voete afgedroog met haar hare. Die hele huis het lekker geruik. Judas Iskariot was een van Jesus se dissipels. Hy was die dissipel wat later vir Jesus verraai het. Hy het gesê: “Maria het nou hierdie duur olie gemors. Ons kon dit verkoop het vir 300 silwer geldstukke en dan kon ons die geld vir die arm mense gegee het.” Maar Judas was nie regtig bekommerd oor die arm mense nie. Hy was 'n dief. Hy het die sak gedra waarin Jesus en die dissipels se geld was en hy het baie maal van die geld gesteel. Jesus het gesê: “Nee, Judas, los vir Maria! Sy het die olie gebêre om My nou te salf soos die mense My sal salf wanneer hulle My begrawe. Die arm mense sal altyd by julle wees, maar Ek sal nie altyd by julle wees nie.” Baie Jode het gehoor dat Jesus in die dorpie Betanië is. Hulle het toe na Betanië gegaan. Hulle wou vir Jesus sien, maar hulle wou ook graag vir Lasarus sien. Dit is Lasarus wat dood was, maar Jesus het hom weer laat lewe. Die priesterleiers het besluit om Lasarus ook dood te maak, want baie van die Jode het gehoor dat Jesus vir Lasarus weer laat lewe het, en hulle het in Jesus geglo. Hulle het nie meer soos die ander Jode gedink nie. Die volgende dag het die mense gehoor dat Jesus na Jerusalem kom. Daar was baie mense in Jerusalem om die Paasfees te vier. Hulle het takke van palmbome geneem en hulle het na Jesus toe gegaan. Hulle het hard geskree: Prys God! Prys die Man wat kom. Die Here het Hom gestuur, Hy is die Koning van Israel. Jesus het 'n jong donkie gekry en Hy het op die donkie gaan sit. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is: Sion, jy moenie bang wees nie, want jou Koning kom na jou toe, Hy ry op 'n jong donkie. Jesus se dissipels het nie dadelik verstaan wat gebeur het nie. Hulle het later verstaan toe God gewys het Jesus is ook God. Hulle het toe teruggedink aan die dag toe Jesus op 'n jong donkie in Jerusalem ingery het en hulle het verstaan dat die mense gedoen het soos daar in die Ou Testament oor Jesus geskryf is. Die mense wat by Jesus was toe Hy vir Lasarus uit die graf geroep het en hom weer laat lewe het, het oral vertel wat Jesus gedoen het. Daarom het baie mense na Jesus toe gegaan toe Hy na Jerusalem gekom het. Hulle het gehoor dat Jesus hierdie wonderteken gedoen het. Die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Kan julle sien, ons kry niks reg nie. Al die mense gaan saam met Jesus!”
Lees Johannes 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 12:1-19
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's