Ses dae voor die Paasfees sou begin, het Jesus na Betanië toe gekom waar Lasarus, wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. Daar het hulle vir Jesus ’n aandete voorberei. Marta het dit voorgesit en Lasarus was een van dié wat saam met Hom vir die ete aangelê het. Maria het toe ’n halfliter baie duur aromatiese olie geneem en dit op Jesus se voete uitgegooi en sy voete met haar hare afgedroog. Die huis was gevul met die reuk van die olie. Judas Iskariot, een van sy dissipels, wat Hom nog sou uitlewer, sê toe: “Waarom is hierdie olie nie eerder vir ’n yslike bedrag verkoop en die opbrengs aan die armes gegee nie?” Dit het hy gesê, nie omdat hy so danig besorgd was oor die armes nie, maar omdat hy ’n dief was. Hy het die geldbeurs gedra en het van die bates verduister. Toe het Jesus gesê: “Laat haar met rus. Sy het dit gekoop om te bêre vir die geleentheid van my begrafnis. Die armes het julle altyd by julle, maar Mý het julle nie altyd nie.” ’n Groot skare uit die geledere van die Jode het kennis geneem dat Jesus daar is. Hulle het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus self nie, maar ook om vir Lasarus, vir wie Jesus uit die dood opgewek het, te sien. Die priesterhoofde het begin beraadslaag en besluit om ook vir Lasarus dood te maak omdat baie van die Jode as gevolg van Lasarus na Jesus toe oorgeloop en in Hom geglo het. Op die volgende dag het die groot skare wat vir die fees opgedaag het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het die blaartakke van die palmbome geneem en Jesus tegemoetgegaan en dit uitgeskree: “Prys God! Geseënd is Hy wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!” Jesus het ’n donkievul gekry en daarop gaan sit soos dit geskryf staan: “Hou op om bang te wees, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom, Hy sit op ’n donkievul.” Jesus se dissipels het hierdie dinge aanvanklik nie verstaan nie, maar toe Hy eers verheerlik was, het hulle onthou dat die dinge wat daar oor Hom geskryf is, juis dié dinge is wat met Hom gebeur het. Die skare wat om Jesus saamgedrom het toe Hy vir Lasarus uit die grotgraf geroep en hom uit die dood opgewek het, het aangehou om daaroor te getuig. Daarom het die skare Jesus tegemoetgegaan omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie wonderteken gedoen het. Die Fariseërs het toe vir mekaar gesê: “Kyk mooi, julle vorder niks nie, die hele mensdom loop agter hom aan!”
Lees JOHANNES 12
Luister na JOHANNES 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 12:1-19
5 Days
A life poured out. We see an example of this in Mary who anointed Jesus (John 12:1-8). In these next 5 days, let us do as Mary did and smash the alabaster jar, so we may be overcome by the fragrance of Jesus.
7 dae
By sy geboorte het Jesus na mirre geruik; daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite het Hy na vis geruik. Jesus ruik na mirre en stof sal Jesus op ’n unieke aardse manier aan jou bekendstel.
8 Days
The final week in the life of Jesus was no ordinary week. It was a time of bittersweet goodbyes, lavish giving, cruel betrayals and prayers that shook heaven. Experience this week, from Palm Sunday to the miraculous Resurrection, as we read through the Biblical account together. We will cheer with the crowds on Jerusalem’s streets, shout in anger at Judas and the Roman soldiers, cry with the women at the Cross, and celebrate as Easter morning dawns!
10 Days
Let’s slow down this Holy Week and learn from Christ’s final days on earth. Each day we will receive lessons or gifts that He took the time to give. Do you need a fresh reminder of what mattered most to Christ—that you love His people and follow Him? What could He want to teach you this Holy Week?
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's