Jakobus 5:7-12

Jakobus 5:7-12 ABA

Vriende, julle moet geduldig wag totdat die Here kom. Julle weet dat 'n boer geduldig wag om al die koring op die land af te sny. Hy moet geduldig wag totdat die vroeë reën en die laat reën geval het. Dit is dieselfde vir julle: Julle moet ook geduldig wees, julle moet aanhou hoop, want dit sal nie meer lank wees nie, dan sal die Here kom. Vriende, julle moenie kla oor mekaar nie. As julle kla, dan sal die Here julle oordeel. Julle moet dit weet: Daardie Regter is naby, so naby soos iemand wat voor die deur staan. Vriende, die profete het gesê wat die Here vir hulle gesê het, hulle is 'n voorbeeld vir julle, hulle is mense wat baie swaar gekry het en wat geduldig gewag het. Julle moet dieselfde doen soos hulle gedoen het. Ons dink dat die mense wat geduldig wag, gelukkige mense is. Julle het gehoor dat Job geduldig was, en julle het gesien wat die Here se plan met hom was. Die Here was baie jammer vir Job en Hy was baie goed vir Job. Maar die belangrikste van alles is dit: Julle moenie iets belowe en sê die hemel is die getuie nie, julle moet ook nie iets belowe en sê die aarde is die getuie nie, julle moenie iets belowe en sê enige iets is die getuie nie. Sê “ja” wanneer julle “ja” wil sê, en sê “nee” wanneer julle “nee” wil sê. As julle dit nie doen nie, dan sal God julle straf.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jakobus 5:7-12