JAKOBUS 5:7-12
JAKOBUS 5:7-12 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, julle moet geduldig wag totdat die Here kom. Julle weet dat 'n boer geduldig wag om al die koring op die land af te sny. Hy moet geduldig wag totdat die vroeë reën en die laat reën geval het. Dit is dieselfde vir julle: Julle moet ook geduldig wees, julle moet aanhou hoop, want dit sal nie meer lank wees nie, dan sal die Here kom. Vriende, julle moenie kla oor mekaar nie. As julle kla, dan sal die Here julle oordeel. Julle moet dit weet: Daardie Regter is naby, so naby soos iemand wat voor die deur staan. Vriende, die profete het gesê wat die Here vir hulle gesê het, hulle is 'n voorbeeld vir julle, hulle is mense wat baie swaar gekry het en wat geduldig gewag het. Julle moet dieselfde doen soos hulle gedoen het. Ons dink dat die mense wat geduldig wag, gelukkige mense is. Julle het gehoor dat Job geduldig was, en julle het gesien wat die Here se plan met hom was. Die Here was baie jammer vir Job en Hy was baie goed vir Job. Maar die belangrikste van alles is dit: Julle moenie iets belowe en sê die hemel is die getuie nie, julle moet ook nie iets belowe en sê die aarde is die getuie nie, julle moenie iets belowe en sê enige iets is die getuie nie. Sê “ja” wanneer julle “ja” wil sê, en sê “nee” wanneer julle “nee” wil sê. As julle dit nie doen nie, dan sal God julle straf.
JAKOBUS 5:7-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEES dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur. Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het. Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is. Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie.
JAKOBUS 5:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wag dan geduldig, broers, totdat die Here kom. Let op hoe die boer wag vir die kosbare oes wat die land oplewer. Hy wag geduldig daarvoor totdat dit die vroeë en die laat reëns gekry het. Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here. Moenie oor mekaar kla nie, broers, sodat julle nie veroordeel word nie. Die Regter staan al voor die deur. Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming. My broers, dit is baie belangrik dat julle nie 'n eed moet aflê nie, nie by die hemel nie, nie by die aarde nie en ook nie enige ander eed nie. As julle “ja” sê, moet dit “ja” wees; as julle “nee” sê, moet dit “nee” wees. Dan sal julle nie veroordeel word nie.
JAKOBUS 5:7-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees geduldig, broers, tot met die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag met geduld op die waardevolle opbrengs van die aarde, tot die vroeë en laatreëns geval het. Wees dan geduldig, staal julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. Moenie oor mekaar kla nie, broers, sodat julle nie geoordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur. Neem as voorbeeld van lyding en geduld, broers, die profete wat in die Naam van die Here gepraat het. Kyk, ons beskou hulle wat volhard, as gelukkig. Julle het gehoor van Job se volharding, en julle het die Here se einddoel met hom gesien, en dat die Here vol medelye en ontferming is. Bo alles, my broers, moenie sweer nie – nie by die hemel nie, en nie by die aarde nie – en moet ook geen ander eed aflê nie. Maar laat julle “ja” 'n “ja” wees, en julle “nee” 'n “nee”, sodat die oordeel julle nie tref nie.
JAKOBUS 5:7-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees dan geduldig, broeders, met die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kosbare vrugte van die aarde, en hy is lankmoedig daarvoor, totdat hy die vroeë en laat reëns ontvang het. Wees ook geduldig; bevestig julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. Moet julle nie teen mekaar haat nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie; kyk, die regter staan voor die deur. Neem, my broeders, die profete wat in die Naam van die Here gespreek het, as 'n voorbeeld van lyding van verdrukking en van geduld. Kyk, ons ag die gelukkige wat volhard. Julle het gehoor van die lankmoedigheid van Job en die einde van die Here gesien; dat die Here baie barmhartig en barmhartig is. Maar bo alles, my broers, sweer nie, ook nie by die hemel of by die aarde of by enige ander eed nie; maar laat julle ja ja wees; en jou nee, nee; dat julle nie in die veroordeling val nie.
JAKOBUS 5:7-12 Die Boodskap (DB)
Hou moed, my vriende, tot die Here terugkom. Soos ’n goeie boer moet julle nie dinge wil aanjaag nie. ’n Boer wag geduldig tot die oes vol op die lande staan. Hy wag maar vir die reën om te kom, vandat dit aan die begin van die seisoen begin val, totdat die laaste druppel klaar geval het aan die einde van die seisoen. Julle moet die geduld van daardie boer hê. Moenie dat iets julle van stryk bring nie. Die Here is op pad na ons toe. Liewe mede-Christene, moenie oor mekaar kla en stories oor mekaar aandra nie. Dit kan in God se oë tot julle nadeel wees. Die Here, wat uiteindelik ’n goeie of slegte oordeel oor julle lewe sal moet uitspreek, kan enige oomblik kom. Liewe broers en susters, die manne wat in die ou dae so getrou die woord van die Here aan almal vertel het, is vir ons ’n voorbeeld van mense wat nie moed verloor het nie. Hulle het soms baie swaargekry, maar hulle het aangehou. Julle weet dat ons almal dink dat hulle regtig iets bereik het omdat hulle hulle nie van die Here se koers laat afbring het nie. Julle het mos gehoor van Job en wat die Here uiteindelik vir hom gedoen het. Dit is ’n verhaal van hoe goed en vol liefde die Here regtig is. Liewe vriende, daar is nog iets wat ek vir julle moet sê en dit is belangrik. Moenie sweer of enigiets anders doen om so te wil bewys dat julle die waarheid praat nie. Praat altyd die waarheid. As julle “ja” moet sê, sê dan “ja”, en as julle “nee” moet sê, sê dit. Dan sal julle nie by God in die moeilikheid kom nie.
JAKOBUS 5:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wees dan geduldig, broers en susters, totdat die Here weer hier is. Dink net hoe ’n boer uitkyk vir die herfs- en lentereën. Hy wag geduldig vir die kosbare oes wat die land oplewer. Net so moet julle geduldig wees. En skep moed, want die koms van die Here is naby. Moenie oor mekaar kla nie, broers en susters, anders sal God oor julle oordeel. Kyk, die Groot Regter kom. Hy staan al voor die deur! Broers en susters, neem die profete wat namens die Here gepraat het as ’n voorbeeld van geduld in swaarkry. Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. My broers en susters, die belangrikste is dat julle nie moet sweer nie – nie by die hemel nie, nie by die aarde nie, nie by enigiets anders nie. Sê net “ja” of “nee”, en bedoel dit. Dan sal julle nie veroordeel word nie.