JAKOBUS 5:7-12

JAKOBUS 5:7-12 NLV

Wees dan geduldig, broers en susters, totdat die Here weer hier is. Dink net hoe ’n boer uitkyk vir die herfs- en lentereën. Hy wag geduldig vir die kosbare oes wat die land oplewer. Net so moet julle geduldig wees. En skep moed, want die koms van die Here is naby. Moenie oor mekaar kla nie, broers en susters, anders sal God oor julle oordeel. Kyk, die Groot Regter kom. Hy staan al voor die deur! Broers en susters, neem die profete wat namens die Here gepraat het as ’n voorbeeld van geduld in swaarkry. Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. My broers en susters, die belangrikste is dat julle nie moet sweer nie – nie by die hemel nie, nie by die aarde nie, nie by enigiets anders nie. Sê net “ja” of “nee”, en bedoel dit. Dan sal julle nie veroordeel word nie.

Video for JAKOBUS 5:7-12

Gratis leesplanne en oordenkings oor JAKOBUS 5:7-12