Jesaja 55:10-13

Jesaja 55:10-13 ABA

Ja, die reën en die sneeu kom uit die hemel en dit gaan nie terug na die hemel nie. Dit maak die aarde nat, en daar groei plante wat saad gee sodat die man wat wil saai, saad het en sodat die man wat wil eet, brood het. So sal my woorde wees wat uit my mond kom, dit sal doen wat Ek wil hê. My woorde sal doen wat Ek gesê het hulle moet doen, my woorde sal nie leeg na My toe terugkom nie. Ja, julle sal bly wees wanneer julle uit Babel kom, julle sal vrede hê wanneer die Here julle terugbring. Die berge en die heuwels sal bly wees en juig, al die bome in die veld sal hande klap wanneer hulle sien julle kom. Daar sal sipresbome en mirtebome groei waar voorheen doringbosse en brandnetels was, en almal sal altyd weet dat die Here dit gedoen het.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid