Daar is 'n volk wat ander volke se lande verwoes het, maar niemand het daardie volk se land verwoes nie. Daar is 'n volk wat ander volke verraai het, maar niemand het daardie volk verraai nie. Dit sal sleg gaan met daardie volk. Wanneer hulle klaar verwoes het en klaar verraai het, dan sal ander volke daardie volk verraai en hulle sal daardie volk se land verwoes. Here, wees asseblief genadig vir ons, ons wag dat U ons moet help. Maak ons elke oggend sterk, red ons, want ons kry swaar. Wanneer U praat en die volke hoor u stem, dan vlug hulle. Wanneer U opstaan en nader kom, dan vlug die volke. Ander volke sal die goed wegvat wat daardie volk gevat het. Die ander volke sal soos sprinkane kom en hulle sal alles wegvat. Die Here is bo almal, want Hy woon in die hemel. Hy sal sê, en die mense in Sion sal almal weer reg doen en regverdig wees. Hulle sal altyd die Here vertrou. Hy sal hulle red en Hy sal vir hulle wysheid en kennis gee. Hulle sal die Here dien, dit sal hulle ryk maak. Luister hoe roep die mense van Jerusalem. Hulle vra dat die Here hulle moet kom help. Luister hoe huil die boodskappers wat moet sê daar is vrede. Niemand loop op die paaie nie, niemand kom verby nie. Die vyand het sy ooreenkoms met ons gebreek. Hulle het ons stede maklik oorwin, ons mense kon hulle nie keer nie. Die land treur, alles word droog, die Libanon-berg lyk soos 'n mens wat bleek is, die plante op die berg word droog. Die Saron-vlakte is soos die woestyn. Die bome in die land Basan en op die Karmel-berg se blare val af.
Lees Jesaja 33
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 33:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's