JESAJA 33:1-9
JESAJA 33:1-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEE jou, verwoester, wat self nie verwoes is nie, en troubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie! As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel. HERE, wees ons genadig, op U wag ons; wees hulle arm elke môre, ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid! Vir die dawergeluid vlug die volke; vanweë u verheffing word die nasies verstrooi. Dan word julle buit weggeskraap soos sprinkane wegskraap; soos sprinkane hardloop, hardloop hulle daarop los. Die HERE is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid. En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees. Kyk, die helde skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik. Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie. Die land treur, dit verwelk; die Líbanon staan beskaamd, dit verkwyn; Saron het geword soos 'n woestynvlakte, Basan en Karmel staan sonder blare.
JESAJA 33:1-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wee jou, verwoester, jy wat nie verwoes is nie, trouelose, aan wie niemand ontrou was nie! Wanneer jy jou verwoestingswerk voltooi het, sal jy verwoes word; wanneer jy ophou om troueloos te wees, sal daar troueloos teen jou opgetree word. HERE, wees ons genadig! Op U wag ons. Wees elke oggend ons krag, ja, ons verlossing in 'n tyd van nood. Vir die geluid van 'n gedreun vlug volke; vanweë u verhewenheid word nasies verstrooi. Wat julle gebuit het, nasies, word bymekaargemaak, soos kaalvretersprinkane bymekaarmaak. Soos swerms toesak, word op julle buit toegesak. Die HERE is verhewe, ja, Hy woon in die hoogte. Hy vul Sion met reg en geregtigheid. Hy sal bestendigheid aan jou tye bied, 'n rykdom van bystand, wysheid en kennis, ontsag vir die HERE – dit is sy skatte. Kyk, die mense van Jerusalem roep om hulp op straat, die boodskappers van vrede huil bitterlik. Gebaande weë was verlate, niemand het meer op die pad verbygegaan nie. Hy het verdrae verbreek, hy het stede geminag, hy het mense nie geag nie. Dit het droog geword, die land was uitgedor; die Libanon was verbluf, het swart geword. Saron het soos die Araba geword; Basan en Karmel het hulle blare verloor.
JESAJA 33:1-9 Bybel vir almal (ABA)
Daar is 'n volk wat ander volke se lande verwoes het, maar niemand het daardie volk se land verwoes nie. Daar is 'n volk wat ander volke verraai het, maar niemand het daardie volk verraai nie. Dit sal sleg gaan met daardie volk. Wanneer hulle klaar verwoes het en klaar verraai het, dan sal ander volke daardie volk verraai en hulle sal daardie volk se land verwoes. Here, wees asseblief genadig vir ons, ons wag dat U ons moet help. Maak ons elke oggend sterk, red ons, want ons kry swaar. Wanneer U praat en die volke hoor u stem, dan vlug hulle. Wanneer U opstaan en nader kom, dan vlug die volke. Ander volke sal die goed wegvat wat daardie volk gevat het. Die ander volke sal soos sprinkane kom en hulle sal alles wegvat. Die Here is bo almal, want Hy woon in die hemel. Hy sal sê, en die mense in Sion sal almal weer reg doen en regverdig wees. Hulle sal altyd die Here vertrou. Hy sal hulle red en Hy sal vir hulle wysheid en kennis gee. Hulle sal die Here dien, dit sal hulle ryk maak. Luister hoe roep die mense van Jerusalem. Hulle vra dat die Here hulle moet kom help. Luister hoe huil die boodskappers wat moet sê daar is vrede. Niemand loop op die paaie nie, niemand kom verby nie. Die vyand het sy ooreenkoms met ons gebreek. Hulle het ons stede maklik oorwin, ons mense kon hulle nie keer nie. Die land treur, alles word droog, die Libanon-berg lyk soos 'n mens wat bleek is, die plante op die berg word droog. Die Saron-vlakte is soos die woestyn. Die bome in die land Basan en op die Karmel-berg se blare val af.
JESAJA 33:1-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEE jou, verwoester, wat self nie verwoes is nie, en troubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie! As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel. HERE, wees ons genadig, op U wag ons; wees hulle arm elke môre, ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid! Vir die dawergeluid vlug die volke; vanweë u verheffing word die nasies verstrooi. Dan word julle buit weggeskraap soos sprinkane wegskraap; soos sprinkane hardloop, hardloop hulle daarop los. Die HERE is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid. En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees. Kyk, die helde skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik. Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie. Die land treur, dit verwelk; die Líbanon staan beskaamd, dit verkwyn; Saron het geword soos 'n woestynvlakte, Basan en Karmel staan sonder blare.
JESAJA 33:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ellende wag vir jou, jy wat verwoes het en self nie verwoes is nie, jy wat ontrou was hoewel niemand aan jou ontrou was nie. Wanneer jy klaar verwoes het, sal jy verwoes word. Wanneer daar 'n end kom aan jou ontrou, sal ander ontrou wees aan jou. Wees ons genadig, Here, ons vestig ons hoop op U. Wees elke nuwe dag ons krag, ons redding in tyd van nood. Wanneer U u stem laat hoor, vlug volke, wanneer U te voorskyn kom, spat nasies uitmekaar. Wat julle vir julleself gebuit het, sal weggeraap word asof sprinkane daarop toegesak het; mense sal soos 'n swerm sprinkane daarop afstorm. Die Here is hoog verhewe, Hy woon in die hoogte; Hy sal sorg dat daar in Sion reg geskied en reg gedoen word. Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou. Die kosbare besitting wat werklik kan help, is wysheid en kennis; die rykdom waarop Sion hom kan verlaat, is die diens van die Here. Die inwoners van Jerusalem roep om hulp daarbuite, dié wat die boodskap bring dat daar vrede is, huil onbedaarlik. Die paaie lê verlate, niemand kom met die pad verby nie. Die verdrag is verbreek, stede is met minagting behandel, geen mens is ontsien nie. Die land treur, hy is verdor; die Libanon het verwelk, hy is vol insekte; die Saron lyk soos 'n woestynvlakte; op Basan en Karmel staan die bome kaal.
JESAJA 33:1-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wee jou, verwoester, jy wat nie verwoes is nie, trouelose, aan wie niemand ontrou was nie! Wanneer jy jou verwoestingswerk voltooi het, sal jy verwoes word; wanneer jy ophou om troueloos te wees, sal daar troueloos teen jou opgetree word. HERE, wees ons genadig! Op U wag ons. Wees elke oggend ons krag, ja, ons verlossing in 'n tyd van nood. Vir die geluid van 'n gedreun vlug volke; vanweë u verhewenheid word nasies verstrooi. Wat julle gebuit het, nasies, word bymekaargemaak, soos kaalvretersprinkane bymekaarmaak. Soos swerms toesak, word op julle buit toegesak. Die HERE is verhewe, ja, Hy woon in die hoogte. Hy vul Sion met reg en geregtigheid. Hy sal bestendigheid aan jou tye bied, 'n rykdom van bystand, wysheid en kennis, ontsag vir die HERE – dit is sy skatte. Kyk, die mense van Jerusalem roep om hulp op straat, die boodskappers van vrede huil bitterlik. Gebaande weë was verlate, niemand het meer op die pad verbygegaan nie. Hy het verdrae verbreek, hy het stede geminag, hy het mense nie geag nie. Dit het droog geword, die land was uitgedor; die Libanon was verbluf, het swart geword. Saron het soos die Araba geword; Basan en Karmel het hulle blare verloor.
JESAJA 33:1-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wee jou wat plunder, en jy is nie geplunder nie; en hulle het troueloos gehandel, en hulle het nie troueloos teen jou gehandel nie! as jy ophou om te buit, sal jy geplunder word; en as jy 'n einde maak om troueloos te handel, sal hulle troueloos teen jou handel. O HERE, wees ons genadig; ons het op U gewag; wees U elke môre hulle arm, ons heil ook in die tyd van benoudheid. Van die geraas van die rumoer het die volk gevlug; by die opheffing van Uself is die nasies verstrooi. En jou buit sal ingesamel word soos die insameling van die ruspes; soos die heen en weer gehardloop van sprinkane sal hy op hulle hardloop. Die HERE is hoog; want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid. En wysheid en kennis sal 'n standvastigheid van jou tye wees en 'n sterkte van verlossing: die vrees van die HERE is sy skat. Kyk, hulle dapperes roep daarbuite; die gesante van vrede sal bitterlik ween. Die grootpaaie lê puin, die wandelende man hou op; hy het die verbond verbreek, die stede verag, hy sien niemand aan nie. Die aarde treur en kwyn, die Líbanon staan in die skande en word uitgekap; Saron is soos 'n woestyn; en Basan en Karmel skud hulle vrugte af.
JESAJA 33:1-9 Die Boodskap (DB)
Jou ondergang wag op jou, verwoester, want al het niemand jou verwoes nie, het jy nie omgegee om ander nasies uit te roei nie. Jy verwag dat ander jou moet respekteer en hulle beloftes moet nakom, maar jý leef van leuens en ontrou. Wel, nou is dit jou beurt om verraai en vernietig te word, net soos jy met die ander nasies gedoen het. Here, help ons, want ons het ons hoop op U gevestig! Beskerm ons elke dag en red ons as ons in die moeilikheid beland. Slegs die klank van u stem is genoeg om die vyand uitmekaar te laat spat en te laat vlug. Die mense sal op die buit wat hulle agterlaat, toesak en dit plunder soos ’n swerm sprinkane op ’n groen land. Die Here is groot en Hy regeer oor die hele aarde. Hy sal sorg dat daar reg en geregtigheid in Jerusalem geskied. In daardie tyd sal Hy die fondament wees waarop julle met vertroue kan bou. Hy sal julle oorlaai met ’n skat van wysheid en kennis wat tot julle verlossing sal lei. Maar die sleutel tot hierdie skat is die ontsag wat julle vir die Here het. Die soldate is verslae omdat hulle Jerusalem nie kon verdedig teen die vyand se oormag nie. Die ambassadeurs wat gestuur is om ’n vredesooreenkoms te probeer bewerk huil van teleurstelling omdat hulle dit nie kon regkry nie. Die paaie sal verlate lê omdat dit te gevaarlik sal wees om te gebruik. Die verwoester steur hom nie aan ooreenkomste of kontrakte wat hy voor getuies aangegaan het nie, hy doen net wat hy wil, want hy het geen respek vir enigiemand nie. Die land verdroog en gaan agteruit. Op die Libanon is die bome in die woud besig om dood te gaan. Die vrugbare vlakte van Saron lyk soos ’n woestyn. In Basan en op die berg Karmel val die bome se blare af soos hulle doodgaan.
JESAJA 33:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die verwoesting is vir jou, verwoester wat self nie verwoes is nie. Ellende wag vir jou, verraaier wat self nie verraai is nie! Wanneer jy opgehou het om te verwoes, sal jy self verwoes word. Wanneer jy ophou om te verraai, sal jy self verraai word. HERE, wees ons genadig! Ons wag op U! Wees elke dag ons krag, ons redding in tye van nood. Die vyand vlug wanneer hulle u stem hoor. Wanneer U opstaan, vlug die volke. Wat julle vir julleself versamel het, sal verorber word soos sprinkane daarop toesak. Soos ’n swerm sprinkane sal Israel daarop toesak. Die HERE is hoog verhewe. Hy woon in die hemel. Hy sal Jerusalem met reg en geregtigheid vul. Lewenslank is Hy jou vaste fondament, ’n ryke voorraad van redding, wysheid en kennis. As jy die Here dien, sal jy al hierdie skatte kry. Jou ambassadeurs huil van teleurstelling, want Assirië het jou versoek vir vrede summier verwerp. Jou weë is verlate. Niemand reis op die paaie nie. Assirië het hulle ooreenkoms met jou verbreek en gee niks om vir die beloftes wat hulle voor getuies gemaak het nie. Hulle het respek vir niemand nie. Die hele land huil en vergaan. Die Libanonberge verwelk. Die Saronvlakte is soos ’n woestyn. Die bome in Basan en Karmel staan kaal.