Die verwoesting is vir jou, verwoester wat self nie verwoes is nie. Ellende wag vir jou, verraaier wat self nie verraai is nie! Wanneer jy opgehou het om te verwoes, sal jy self verwoes word. Wanneer jy ophou om te verraai, sal jy self verraai word. HERE, wees ons genadig! Ons wag op U! Wees elke dag ons krag, ons redding in tye van nood. Die vyand vlug wanneer hulle u stem hoor. Wanneer U opstaan, vlug die volke. Wat julle vir julleself versamel het, sal verorber word soos sprinkane daarop toesak. Soos ’n swerm sprinkane sal Israel daarop toesak. Die HERE is hoog verhewe. Hy woon in die hemel. Hy sal Jerusalem met reg en geregtigheid vul. Lewenslank is Hy jou vaste fondament, ’n ryke voorraad van redding, wysheid en kennis. As jy die Here dien, sal jy al hierdie skatte kry. Jou ambassadeurs huil van teleurstelling, want Assirië het jou versoek vir vrede summier verwerp. Jou weë is verlate. Niemand reis op die paaie nie. Assirië het hulle ooreenkoms met jou verbreek en gee niks om vir die beloftes wat hulle voor getuies gemaak het nie. Hulle het respek vir niemand nie. Die hele land huil en vergaan. Die Libanonberge verwelk. Die Saronvlakte is soos ’n woestyn. Die bome in Basan en Karmel staan kaal.
Lees JESAJA 33
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 33:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's