Moses het na sy skoonpa Jetro toe gegaan en hy het vir Jetro gesê: “Ek wil asseblief teruggaan na my mense toe in Egipte, ek wil sien of hulle nog lewe.” Jetro het vir Moses gesê: “Jy mag gaan.” Die Here het vir Moses in Midian gesê: “Gaan terug na Egipte, want die mense wat jou wou doodmaak, is klaar dood.” Moses het sy vrou en sy seuns geneem en hy het hulle op 'n donkie laat ry. Hulle het teruggegaan na Egipte. Moses het die kierie saamgeneem waarmee hy die tekens van God moes doen. Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer jy teruggaan na Egipte, dan moet jy voor die farao al die tekens doen wat Ek vir jou geleer het. Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, en hy sal julle nie laat gaan nie. Dan moet jy vir die farao sê: ‘Die Here sê: Israel is vir My soos 'n oudste seun, en Ek sê vir jou jy moet my seun laat gaan sodat hy My kan dien. As jy hom nie laat gaan nie, dan sal Ek jou oudste seun doodmaak.’ ” Toe Moses-hulle een nag by 'n plek langs die pad geslaap het, het die Here daarnatoe gekom. Hy wou vir Moses doodmaak. Moses se vrou Sippora neem toe 'n klipmes en sy sny haar seun se voorhuid af en sy raak daarmee aan Moses se voete. Sy het vir Moses gesê: “Jy is my man. Hierdie bloed sal jou beskerm.” Toe sy dit sê, het die Here vir Moses gelos en Hy het Moses nie doodgemaak nie. Sippora het gedink aan die besnydenis toe sy dit gesê het.
Lees Eksodus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 4:18-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's