Toe die amptenare die meisies bymekaargebring het, was Mordegai 'n amptenaar by die paleis. Ester het nie gesê wie haar familie is en van watter volk sy is nie. Mordegai het gesê sy moenie vir hulle sê nie, en Ester was nou ook so gehoorsaam soos toe sy grootgeword het by hom. In die tyd toe Mordegai 'n amptenaar was by die paleis van die koning, het twee amptenare van die koning kwaad geword vir koning Ahasveros en hulle het besluit om die koning te vermoor. Hulle was wagte wat die koning moes oppas. Mordegai het gehoor wat hulle wil doen, en hy het dit vir koningin Ester gesê. Sy het vir die koning gaan sê wat Mordegai gesê het. Die koning het gesê sy amptenare moet kyk of dit waar is, en hy het die twee mans laat ophang aan 'n paal. Hy het gesê sy amptenare moet dit in sy dagboek skryf.
Lees Ester 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Ester 2:19-23
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's