1 Johannes 4:19-21

1 Johannes 4:19-21 ABA

Ons is lief vir God en vir mekaar, want God was eerste lief vir ons. Wanneer mense sê hulle is lief vir God, maar hulle haat ander gelowiges, dan lieg hulle. Hulle kan die ander gelowiges sien, maar is nie lief vir hulle nie. Kan hulle dan lief wees vir God, God vir wie hulle nie sien nie? Nee. God het vir ons gesê as ons lief is vir Hom, dan moet ons ook lief wees vir die ander gelowiges.