1 JOHANNES 4:19-21

1 JOHANNES 4:19-21 NLV

Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het. As enigeen beweer: “Ek het God lief,” maar ’n broer of suster haat, is só ’n persoon ’n leuenaar, want as ons ’n broer of suster wat ons elke dag sien, nie liefhet nie, kan ons mos nie vir God liefhê wat ons nie kan sien nie. Hierdie opdrag het ons van Hom ontvang: As ons God liefhet, moet ons ook ons broer en suster liefhê.