Sê vir my, my liefling, waar laat jy jou kleinvee wei? Waar gaan jy met hulle oorstaan vanmiddag? Hoekom moet ek my agter ’n sluier versteek om na jou te gaan soek by die veetroppe van jou vriende?” “As jy nie weet nie, mooiste van die vroue, loop op die spore van die skape en laat jou bokkies wei daar by die veewagters se tente. “My beminde, jy is vir my soos ’n perd voor die farao se oorlogwa. Jou wange is pragtig met oorbelle versier. Jou nek is mooi met juwele versier. Ons maak vir jou oorbelle van goud, met silwer versiersels daarin.” “Terwyl die koning by sy tafel is, versprei die geur van my nardusparfuum. My liefling is vir my ’n sakkie mirre tussen my borste. My liefling is vir my ’n bos hennablomme uit die wingerde van En-Gedi.” “Jy is pragtig, my beminde. Jou oë is so mooi soos die oë van duiwe.” “Jy is baie aantreklik, my liefling. Die bed waarop ons lê, is soos groen gras, ons huis se balke is soos sederbome, ja, soos sipresbome.”
Lees HOOGLIED 1
Luister na HOOGLIED 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: HOOGLIED 1:7-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's