Met ons eie ore het ons gehoor, o God, ons voorouers het ons vertel van alles wat U voorheen gedoen het in die dae lank gelede. U self het die heidense nasies uitgedryf deur u mag en die land aan ons voorouers gegee. U het hulle vyande vernietig, en ons voorouers vrygemaak. Hulle het nie die land met hulle swaarde verower, of die oorwinning deur eie krag behaal nie. Dit was deur u krag, deur u teenwoordigheid en u goedheid, omdat U hulle liefhet. U is my Koning en my God. U bepaal oorwinnings vir Jakob. Ons kan deur u krag ons vyande verslaan en ons aanvallers in u Naam vertrap. Ek steun nie op my boog of op my swaard om my te red nie. Want U gee die oorwinning oor ons vyande; U bring vernedering oor dié wat ons haat. O God, ons prys U die hele dag en loof u Naam voortdurend. Sela Maar nou het U ons weggestoot in skande. U trek nie saam met ons leërs na die geveg toe nie. U laat ons vlug voor ons vyande; dié wat ons haat, plunder na hartelus. U lewer ons uit soos slagskape; U het ons onder die nasies verstrooi. U volk het U verkoop vir niks en self het U nie daarby gebaat nie. U het ons ’n veragting gemaak by die bure, ’n bespotting en beskimping vir almal om ons. U het ons ’n spotnaam onder die nasies gemaak, almal skud maar net die kop daaroor. My skande is dag na dag voor my; oor my gesig is skaamte geskryf. Al wat ek hoor, is die lasteraar en die kwaadspreker. Al wat ek sien, is die vyand en die wreker. Dit het gebeur hoewel ons U nie vergeet het nie, en nie aan u verbond ontrou was nie. Ons het U nie verlaat nie, en nie van u paaie afgedwaal nie. Maar in die woestyn het U ons verpletter; donkerte en dood het U oor ons gebring. As ons opgehou het om ons God te dien of by vreemde gode hulp gaan vra het, sou God dit nie weet nie? Hy ken immers die geheime van die hart. Om u ontwil word ons elke dag doodgemaak, word ons behandel soos skape wat geslag moet word. Word wakker! Waarom slaap U, Here? Staan op! Moenie ons vir altyd verstoot nie! Hoekom kyk U anderpad? Hoekom kyk U verby ons ellende en verdrukking? Ons lê verneder in die stof, met die gesig in die grond.
Lees PSALMS 44
Luister na PSALMS 44
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 44:1-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's