U het aan my goedgedoen, HERE, net soos U belowe het. Leer my goeie oordeel en kennis, want ek vertrou op u gebooie. Voor ek gely het, het ek telkens afgedwaal, maar nou leef ek volgens u woord. U is goed en doen net wat goed is; leer my u voorskrifte. Verwaande mense het leuens oor my verkondig, maar ek sal u bevele met my hele hart uitleef. Hulle harte is afgestomp en koud, maar ek verlustig my in u gebooie. Die lyding was goed vir my, want toe het ek u voorskrifte geleer. Die gebooie uit u mond is vir my meer waardevol as baie goud en silwer. U hande het my gemaak, my gevorm. Gee my tog insig om u gebooie te verstaan. U dienaars sal my sien en bly wees, want op u woord hoop ek. Ek weet, HERE, u bepalings is reg; op grond van u trou bestraf U my. Laat u troue liefde my nou vertroos soos U aan u dienaar beloof het. Laat u medelye my oordek sodat ek kan lewe, want u gebooie is my vreugde. Laat die verwaandes in skande kom omdat hulle my vals beskuldig; maar ek sal u bevele oordink. Laat u dienaars terugkom na my toe, hulle wat u voorskrifte ken. Mag ek onberispelik wees in die uitleef van u gebooie; dan hoef ek nooit beskaam te wees nie.
Lees PSALMS 119
Luister na PSALMS 119
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 119:65-80
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's