PSALMS 119:65-80
PSALMS 119:65-80 Bybel vir almal (ABA)
Here, U het goed gedoen aan my, u dienaar, dit is soos U gesê het. U moet vir my leer om te weet wat is reg en wat is verkeerd, want ek glo dat u gebooie reg is. Voordat dit met my so sleg gegaan het, het ek verkeerd gelewe, maar nou doen ek wat U sê. U is goed en U doen goed, U moet vir my leer wat u wette sê. Hoogmoedige mense lieg en hulle praat sleg van my, maar ek doen wat U beveel met my hele hart. Hulle wil nie verstaan wat U vir ons sê nie, maar ek geniet wat U vir ons leer. Dit was vir my goed dat U my laat swaarkry het, want so het ek geleer wat u wette sê. Die dinge wat U vir my leer, is beter as duisende stukke goud en silwer. Ú het my gemaak en Ú het my laat lewe, U moet vir my leer sodat ek u gebooie kan ken. Die mense wat vir U dien, sal na my kyk en hulle sal bly wees, want hulle sal sien ek glo dat U sal doen wat U gesê het. Here, ek weet dat U reg besluit, en dat U my laat swaarkry het omdat U gesê het U sal dit doen. U moet doen wat U belowe het, dit sal dinge beter maak vir my. U het dit vir my gesê, vir my, u dienaar. U moet jammer wees vir my sodat ek kan lewe, want ek geniet wat U vir my leer. U moet die hoogmoedige mense laat verloor, want hulle het vir my gelieg en hulle het my verlei. Ék wil dink aan wat U beveel het. U moet die mense wat vir U dien, na my toe laat kom, sodat hulle kan leer wat U gesê het. Ek wil heeltemal gehoorsaam wees aan u wette, sodat niemand my kan verneder nie.
PSALMS 119:65-80 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord. Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie. Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord. U is goed en doen goed; leer my u insettinge. Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele. Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet. Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer. Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer. Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek. Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het. Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg. Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging. Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele. Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken. Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.
PSALMS 119:65-80 Afrikaans 1983 (AFR83)
U het aan my goed gedoen, Here, soos U beloof het. Gee my goeie insig en kennis, want ek stel my vertroue in u gebooie. Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord. U is goed en U doen goed; leer my u voorskrifte. Hovaardige mense beswadder my, maar ek voer u bevele uit met my hele hart. Hulle staan koud teenoor u wet, maar ék verlustig my daarin. Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer. U wet is vir my kosbaarder as 'n oorvloed van goud en silwer. Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm; gee my insig, dat ek u gebooie kan verstaan. Dié wat U dien, is bly as hulle my sien, want ek vertrou op u woord. Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is. Dat U my laat swaarkry, is 'n teken van u trou. Gee tog vir my uitkoms deur u troue liefde, soos U my beloof het. Ontferm U oor my, dat ek kan lewe, want ek verlustig my in u wet. Laat die hovaardige mense die slegste daarvan afkom, want hulle het my vals beskuldig; u bevele bly my altyd by. Laat dié wat U dien en u verordeninge ken, aan my kant wees. Laat my volledig by u voorskrifte bly, sodat ek nooit raad-op sal wees nie.
PSALMS 119:65-80 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U het goed gedoen aan u dienskneg, HERE, volgens u woord. Leer my goeie oordeel en kennis, want ek vertrou op u bevele. Voordat ek swaar beproef is, was ek aan die dwaal, maar nou kom ek u woord na. U is goed en doen goed; leer my u voorskrifte. Vermeteles het my met leuens beswadder; maar ek, met my hele hart hou ek by u opdragte. Hulle harte is so gevoelloos soos vet, maar ek vind vreugde in u wet. Dit is goed vir my dat ek verneder was, sodat ek u voorskrifte kon leer. Die onderrig uit u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer. U hande het my gemaak, my gevestig; maak my verstandig, ek wil u bevele leer. Hulle wat vir U ontsag het, sien my en is bly, want op u woord wag ek. Ek weet, HERE, dat u beslissings regverdig is, en dat U my in getrouheid verneder het. Laat u troue liefde tog vir my tot troos wees volgens u woord aan u dienskneg. Laat u ontferming my deel word, sodat ek kan lewe; want u wet is my vreugde. Laat vermeteles beskaamd staan, want sonder rede veronreg hulle my; maar ek sal bly nadink oor u opdragte. Laat hulle wat vir U ontsag het, na my terugkeer, ja, hulle wat u bepalings ken. Laat my hart onberispelik aan u voorskrifte hou, sodat ek nie beskaamd staan nie.
PSALMS 119:65-80 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
TEDE. U het goed gehandel aan u kneg, HERE, volgens U woord. Leer my goeie oordeel en kennis, want ek het u gebooie geglo. Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal, maar nou het ek U woord bewaar. Jy is goed en doen goed; leer my U insettinge. Die hoogmoediges het 'n leuen teen my gesmee, maar ek sal U bevele met my hele hart bewaar. Hulle hart is vet soos vet; maar ek het 'n welbehae in U wet. Dit is goed vir my dat ek verdruk is; dat ek U insettinge kan leer. Die wet van u mond is vir my beter as duisende goud en silwer. JOD. U hande het my gemaak en my gevorm; gee my insig, dat ek U gebooie kan leer. Die wat U vrees, sal bly wees as hulle My sien; want ek het op uUwoord gehoop. Ek weet, HERE, dat u oordele reg is, en dat U my in trou verdruk het. Laat tog U goedertierenheid tot my vertroosting wees, volgens U woord aan U kneg. Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe, want U wet is my behae. Laat die hoogmoediges beskaamd staan; want hulle het my sonder oorsaak verkeerd gehandel, maar ek sal U bevele oordink. Laat die wat U vrees, hulle tot My bekeer en die wat U getuienisse ken. Laat my hart gesond wees in U insettinge; dat ek nie skaam nie.
PSALMS 119:65-80 Die Boodskap (DB)
U doen goeie dinge vir my, presies soos U beloof het. Gee my ’n wakker verstand en ’n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. U is die Bron van alles wat goed is, U doen net goeie dinge. Leer my om u Woord te gehoorsaam. Slegte mense sê lelike dinge oor my, maar ek kyk net na U. Ek doen met alles in my wat U vir my sê om te doen. Hulle gee niks vir u wet om nie, maar vir my is dit die lewe. My swaarkry het my geleer om mooi na U te luister. U wet is vir my baie meer werd as ’n myn vol goud. U het my met u eie hande gemaak. Maak my kop nou ook vol met u wysheid sodat ek mooi verstaan wat U vra. As ander gelowiges sien hoe ek aan U vashou, maak dit hulle baie bly. Ek vertrou op wat U sê. As daar een ding is wat ek weet, Here, is dit dat u bevele ’n mens help om reg op te tree. Partykeer stuur U probleme na my toe, net om te sien of ek nog aan U vashou. Vandag het ek u liefde bitter nodig! Help my, soos U belowe het. Kry my asseblief jammer, kom hou my styf vas, dan sal ek weer voluit lewe! Ek stap elke dag op die pad wat U in u wet vir my wys. Laat daardie spul wat so baie van hulleself dink, daar sleg van afkom. Hulle vertel ’n klomp leuens oor my. Gelukkig weet U dis nie waar nie, ek doen net wat U sê. Gee tog dat ander gelowiges wat U dien en doen wat U sê ook by my sal staan. Laat my elke dag net doen wat U sê, dan sal ek nooit moedeloos word nie.
PSALMS 119:65-80 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
U het aan my goedgedoen, HERE, net soos U belowe het. Leer my goeie oordeel en kennis, want ek vertrou op u gebooie. Voor ek gely het, het ek telkens afgedwaal, maar nou leef ek volgens u woord. U is goed en doen net wat goed is; leer my u voorskrifte. Verwaande mense het leuens oor my verkondig, maar ek sal u bevele met my hele hart uitleef. Hulle harte is afgestomp en koud, maar ek verlustig my in u gebooie. Die lyding was goed vir my, want toe het ek u voorskrifte geleer. Die gebooie uit u mond is vir my meer waardevol as baie goud en silwer. U hande het my gemaak, my gevorm. Gee my tog insig om u gebooie te verstaan. U dienaars sal my sien en bly wees, want op u woord hoop ek. Ek weet, HERE, u bepalings is reg; op grond van u trou bestraf U my. Laat u troue liefde my nou vertroos soos U aan u dienaar beloof het. Laat u medelye my oordek sodat ek kan lewe, want u gebooie is my vreugde. Laat die verwaandes in skande kom omdat hulle my vals beskuldig; maar ek sal u bevele oordink. Laat u dienaars terugkom na my toe, hulle wat u voorskrifte ken. Mag ek onberispelik wees in die uitleef van u gebooie; dan hoef ek nooit beskaam te wees nie.