SPREUKE 4:10-13

SPREUKE 4:10-13 NLV

My seun, luister na my! Neem my woorde ernstig op. Dit sal jou lank laat lewe. Ek sal jou leer hoe wysheid werk. Ek sal jou op die regte pad lei. As jy op jou lewenspad loop, sal daar nie struikelblokke op jou pad wees nie. As jy hardloop, sal jy nie oor iets val nie. Hou vas aan die reëls wat ek jou leer. Moet dit nie laat los nie. Bewaar dit, want dit verryk jou lewe.

Video for SPREUKE 4:10-13

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 4:10-13