Vertrou op die HERE met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die HERE voor oë en vermy wat sleg is. Dit sal jou liggaam gesond hou, jou lewe verkwik. Vereer die HERE met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Hy sal jou opgaarplekke vol maak. Jou parskuipe sal oorloop van al die wyn. My seun, moenie dit verontagsaam wanneer die HERE jou reghelp nie. Moenie jou verset wanneer Hy jou teregwys nie. Die HERE bestraf immers hulle wat Hy liefhet net soos ’n pa sy seun teregwys.
Lees SPREUKE 3
Luister na SPREUKE 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 3:5-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's