JESAJA 5:1-7

JESAJA 5:1-7 NLV

Ek wil ’n lied sing vir die een wat ek liefhet, oor sy wingerd: My beminde het ’n wingerd teen ’n baie vrugbare heuwel. Hy het die grond omgespit, die klippe verwyder en beplant met edel wingerdstokke. In die middel het hy ’n wagtoring gebou en ’n parskuip uitgekap. Hy het gewag vir ’n oes van soet druiwe, maar die druiwe was wild en suur. “Inwoners van Jerusalem en Juda, oordeel tussen My en my wingerd. Wat moes Ek meer gedoen het om ’n oes te verseker? Hoekom het Ek wilde druiwe gekry toe Ek soet druiwe verwag het? Kom Ek vertel jou wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek gaan sy omheining afbreek, sodat dit vernietig sal word. Ek gaan sy mure afbreek, sodat wilde diere dit kan vertrap. Ek maak dit ’n woestyn. Die wynstokke snoei Ek nie meer nie en die grond skoffel Ek nie meer om nie. Dorings en onkruid sal dit toegroei. Ek beveel die wolke om nie daaroor te reën nie.” Die wingerd van die HERE, die Almagtige, is die volk Israel. En Juda is sy mooi tuin. Hy het ’n oes van geregtigheid verwag, maar net bloedvergieting gekry; gesoek na regverdigheid, maar net die hulpgeroep van verdrukte mense gehoor.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid