PREDIKER 2:12-16

PREDIKER 2:12-16 NLV

Ek het toe besluit om wysheid en dwaasheid teen mekaar op te weeg. Wat anders kan ’n koning se opvolger bereik as wat reeds bereik is? Ek het wel gesien dat wysheid meer waarde het as dwaasheid, net soos lig beter is as donkerte. Want wyse mense kan sien waar hulle gaan, terwyl die dwaas in die donker loop. Maar tog het ek besef dieselfde lot tref sowel wyses as dwase. “As my lot dieselfde is as dié van dwase, wat is die sin om wys te wees?” het ek my afgevra. Ek het besef dit is ook alles sinloos. Want die wyse mens en die dwaas gaan albei dood, en niemand onthou hulle nie. In die toekoms word albei vergeet!