DEUTERONOMIUM 28:1-11

DEUTERONOMIUM 28:1-11 NLV

“As jy ten volle gehoorsaam is aan die HERE jou God en die opdragte nakom wat ek jou vandag gee, sal die HERE jou God jou bo al die nasies van die wêreld verhoog. “Al hierdie seëninge sal oor jou kom en by jou bly wanneer jy die HERE jou God gehoorsaam: In jou stede en in jou oop velde sal jy geseën wees. Jy sal geseën word met baie kinders en goeie oeste. Jy sal geseën word met vrugbare beeste en kleinvee. Jy sal geseën word met mandjies wat oorloop van vrugte en jou knieskottel sal vol brood wees. Jy sal geseën word waar jy ook al beweeg, of jy nou kom of gaan. “Die HERE sal jou vyande oorwin wanneer hulle jou aanval. Hulle sal jou vanuit een rigting aanval, maar hulle sal in sewe rigtings wegvlug. Die HERE sal jou seën in alles wat jy doen en Hy sal jou graanskure vol maak met graan. Die HERE jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee. “As jy die opdragte van die HERE jou God gehoorsaam en doen wat Hy wil hê, sal die HERE jou sy heilige volk maak soos Hy beloof het Hy sal doen. Al die nasies van die wêreld sal sien dat die HERE jou sy volk gemaak het en hulle sal in vrees en bewing voor julle staan. “Die HERE sal ’n oorvloed van goeie dinge vir jou gee in die land wat Hy aan jou voorouers belowe het: baie kinders, talle diere en goeie oeste.

Gratis leesplanne en oordenkings oor DEUTERONOMIUM 28:1-11