1 SAMUEL 3:8-10

1 SAMUEL 3:8-10 NLV

Die HERE roep hom toe vir die derde keer, en weer hardloop hy na Eli toe. “Hier is ek,” sê hy. “U het my tog geroep.” Toe besef Eli dat dit die HERE is wat die seun geroep het. Daarom sê hy vir Samuel: “Gaan lê en as iemand weer na jou roep, sê dan: ‘Ja, HERE, u dienaar luister.’” Samuel is weer terug na sy bed toe. Die HERE kom staan toe daar en roep soos die vorige kere: “Samuel, Samuel!” Samuel het geantwoord: “Ja, HERE, u dienaar luister.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid