1 Samuel 3:8-10

1 Samuel 3:8-10 AFR20

Die HERE roep toe weer na Samuel vir die derde maal. Hy staan toe op, gaan na Eli en sê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Eli besef toe dat dit die HERE is wat na die seun roep. Eli sê toe vir Samuel: “Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy sê, ‘Spreek, HERE, want u dienskneg luister.’ ” Samuel gaan toe en gaan lê op sy plek. Die HERE het gekom en gaan staan, en geroep soos die vorige kere: “Samuel! Samuel!” Samuel het geantwoord: “Spreek, want u dienskneg luister.”