1 KORINTIËRS 16:15-18

1 KORINTIËRS 16:15-18 NLV

Julle weet dat Stefanas en sy huisgesin die eerste bekeerlinge in Suid-Griekeland was en dat hulle hulle lewe wy aan die diens van ander Christene. Ek vra julle ernstig dat julle hulle sal respekteer en ander soos hulle wat met groot toewyding vir die Here werk. Ek is so bly dat Stefanas, Fortunatus en Agaïkus hier aangekom het. Hulle het vergoed vir julle afwesigheid. Hulle het my gees weer opgebeur, soos ook julle s’n. Respekteer mense soos hulle.