1 KORINTIËRS 16:15-18

1 KORINTIËRS 16:15-18 AFR83

Ek het nog 'n versoek aan julle, broers: julle weet van Stefanas en sy huisgesin, wat die eerste bekeerlinge in Agaje was, dat hulle hulle tot diens van die gelowiges gestel het. Stel julle onder die leiding van sulke mense en van elkeen wat saam met hulle werk en arbei. Ek verbly my oor die aankoms van Stefanas, Fortunatus en Agaïkus, want hulle het vir my die gemis aan julle vergoed. Hulle het my gees verkwik en ook julle s'n. Wees erkentlik teenoor sulke manne.

Video for 1 KORINTIËRS 16:15-18