En al sou ek al my besittings vir die armes gee en selfs my liggaam opoffer sodat ek my daarop kon beroem, maar ek kom die liefde kort, sou dit my niks help nie. Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie. Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles. Die liefde sal nooit vergaan nie. Maar profesieë sal tot niet gaan, die spreek in tale sal ophou, en kennis sal verouder raak. Ons ken maar net ten dele en ons profeteer maar net ten dele. Wanneer die volmaakte egter gekom het, sal al die onvolmaakte uitgedien wees.
Lees 1 KORINTIËRS 13
Luister na 1 KORINTIËRS 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 13:3-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's