1
1 KONINGS 18:37
Nuwe Lewende Vertaling
HERE, antwoord my! Antwoord my sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is en dat dit U is wat hulle weer na U toe laat omdraai.”
Vergelyk
Verken 1 KONINGS 18:37
2
1 KONINGS 18:36
Teen die tyd van die aandoffer het die profeet Elia na die altaar toe gegaan en gebid: “HERE, God van Abraham, Isak en Israel, wys tog vandag dat U God is in Israel en dat ek u dienaar is wat alles op u bevel gedoen het.
Verken 1 KONINGS 18:36
3
1 KONINGS 18:21
Elia het voor hulle gaan staan en gesê: “Hoe lank gaan julle nog weier om kant te kies? As die HERE God is, volg Hom! Maar as dit Baäl is, volg hóm!” Die volk het egter niks geantwoord nie.
Verken 1 KONINGS 18:21
4
1 KONINGS 18:38
Onmiddellik het daar vuur van die HERE gekom en die offer verbrand, asook die hout, die klippe en die grond. Dit het selfs die water in die sloot opgedroog!
Verken 1 KONINGS 18:38
5
1 KONINGS 18:39
Toe die volk dit sien, val hulle op die grond en roep uit: “Die HERE is God! Die HERE is God!”
Verken 1 KONINGS 18:39
6
1 KONINGS 18:44
Die sewende keer kom sê die dienaar: “Ek sien ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand wat uit die see opkom.” Toe sê Elia: “Maak gou! Gaan sê vir Agab: ‘Span jou wa in en gaan af na jou huis toe anders sal die reën jou vaskeer!’”
Verken 1 KONINGS 18:44
7
1 KONINGS 18:46
Die HERE het Elia krag gegee. Hy het sy gordel vasgemaak en toe voor Agab se wa uit gehardloop tot by Jisreël.
Verken 1 KONINGS 18:46
8
1 KONINGS 18:41
Elia sê toe vir Agab: “Gaan eet en drink, want ek hoor die gedruis van groot reën!”
Verken 1 KONINGS 18:41
9
1 KONINGS 18:43
Hy sê toe vir sy dienaar: “Gaan kyk uit oor die see.” Die dienaar het gekyk, na Elia toe teruggekom en gesê: “Ek sien niks nie.” Elia sê vir hom: “Gaan kyk weer!” Sewe keer het Elia hom gestuur.
Verken 1 KONINGS 18:43
10
1 KONINGS 18:30
Toe roep Elia die volk: “Kom nader!” Hulle het almal rondom hom kom staan terwyl hy die altaar van die HERE wat afgebreek was, herstel het.
Verken 1 KONINGS 18:30
11
1 KONINGS 18:24
Dan moet julle julle god aanroep en ek sal die HERE aanroep. Die een wat met vuur antwoord, is die ware God!” Die hele volk het met hierdie reëling saamgestem.
Verken 1 KONINGS 18:24
12
1 KONINGS 18:31
Hy het twaalf klippe gevat, een vir elke stam van die nageslag van Jakob vir wie die HERE gesê het: “Jou naam sal Israel wees.”
Verken 1 KONINGS 18:31
13
1 KONINGS 18:27
Teen die middag het Elia hulle begin spot. “Julle moet nog harder roep,” spot hy. “Hy is mos ’n god! Dalk is hy ingedagte, of dalk het hy ’n draaitjie gaan loop. Miskien is hy weg op reis, of slaap hy en moet wakker gemaak word!”
Verken 1 KONINGS 18:27
14
1 KONINGS 18:32
Hy het die klippe gebruik om die vervalle altaar van die HERE reg te maak. Daarna grawe hy ’n sloot rondom die altaar. Dit was groot genoeg om ongeveer vyftien liter te hou.
Verken 1 KONINGS 18:32
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's