1 KONINGS 18:37
1 KONINGS 18:37 Bybel vir almal (ABA)
Antwoord my, Here, antwoord my, sodat hierdie mense kan weet dat U, die Here, God is, en dat dit U is wat hulle harte verander.”
1 KONINGS 18:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat Ú hulle hart tot U laat terugkeer.
1 KONINGS 18:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Antwoord my, Here, antwoord my tog dat hierdie volk kan besef dat U, Here, God is, en dat dit U is wat hulle harte weer tot U bekeer.”
1 KONINGS 18:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan weet dat U, HERE, die God is, en dat dit U is wat hulle harte weer laat terugkeer.”
1 KONINGS 18:37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Luister na my, HERE, luister na my, sodat hierdie volk kan weet dat U die HERE God is, en dat U hulle hart teruggekeer het.
1 KONINGS 18:37 Die Boodskap (DB)
Antwoord my vandag, Here, op so ’n manier dat hierdie volk sal besef U is die ware God en dat hulle na U moet terugkeer.”