Gratis leesplanne en oordenkings oor GALASIËRS 6:8

God se Pad na Sukses
3 Dae
Almal is op soek na sukses, maar nie almal bereik dit nie. Dit is omdat hulle ʼn valse begrip het van wat dit beteken om ʼn suksesvolle lewe te lei. Om waarlik suksesvol te wees, moet jy God se definisie in gedagte hou van wat dit beteken om suksesvol te wees. Laat toe dat die topverkoper-skrywer, Tony Evans, jou die pad na ware koninkryksukses wys en hoe om dit te bereik.

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)
5 Dae
Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

Om die Leier te Word wat God vir my Bedoel het om te Wees
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om as mens en as leier te groei. Of jy in sake of die bediening is, of besig is om die volgende geslag op te lei, is die Skrif vol wysheid hoe om dit goed te doen.

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Wees Doelgerig In Jou Huwelik
5 Dae
'n Sterk en gesonde huwelik gebeur nie net toevallig nie. Die sleutel tot die huwelik waarvan jy nog altyd gedroom het, is om doelgerig te wees. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verskeie onderwerpe bespreek wat jou sal help om die proses te begin om doelgerig te wees met jou eggenoot sodat jou huwelik kan wees wat jy nog altyd wou hê.

Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af Aan
7 Dae
Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan help om jou huwelik teen mislukking te beskerm: Soek God; stry regverdig; hê pret; bly eerbaar; en moet nooit moed opgee nie. Begin nou en kry die huwelik wat jy nog altyd wou hê — van hierdie dag vorentoe.

Leef Vry van Wellus – 'n 7-Dag Reis
7 Dae
As Christene is dit ons eersgeboortereg om vry van wellus te leef. Die sekulêre wêreld waarin ons leef, roep ons om ons daagliks aan wellus te vergryp. God roep ons egter om 'n lewe van seksuele integriteit te lei – vry van wellus en seksuele sonde. Hierdie oordenking is 'n uitnodiging aan jou om 'n wellusvrye leefstyl te begin. Jy sal toegerus word met Bybelse beginsels wat jou kan help om te veg en vry van die versoekings van wellus te wees.

Ongegriefd
10 Dae
Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfvertroue te vorm en ons te help om die mense te word wat ons altyd so graag wou wees. Om nie aanstoot te neem nie, gaan nie daaroor om nooit aanstoot te kry nie. Dit gaan daaroor om nie gegriefd te bly nie.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Lesse Uit My Tuin
12 Dae
Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar gedagtes oor die kombinering van twee van haar grootste passies deel — tuinmaak en die Bybel.

Om Soos Jesus Lief te Hê
13 Dae
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.

Galasiërs
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

21 dae na 'n Oorvloedige Lewe
21 Dae
In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe uit te leef. Dit is tyd om op te hou om normaal te lewe en 'n oorvloedige lewe te begin lei!

Beter Tesame
24 Dae
Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.