Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 15:20

Die Bonatuurlike Lewe
5 Dae
Om die bonatuurlike werklikheid van die geestelike wêreld in die Bybel te erken, is noodsaaklik om die Bybel te verstaan. Hoewel ons nie alles kan sien nie, werk God agter die skerms om alles te vervul wat in die Bybel belowe word. Hierdie 5-dag leesplan sal jou uitdaag om doelbewus te leef — en glo dat sy onsigbare hand in jou omstandighede besig is.

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.

Paasfees: As die Graf Kon Praat
6 Dae
Ons almal het een gemene deler: ons gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy gaan sterf. Die dood sal jou oorwin. Jy sal dit nie kan ontduik, systap, of laat verdwyn nie. Dan is daar egter Jesus, die Man wat wel die dood oorwin het. Jesus het teen die graf te staan gekom en die dood oorkom, en wanneer Jesus praat, praat die graf ook.

Oorwinning oor die Dood
7 Dae
Daar word altyd vir ons gesê: "Dit is net nog 'n deel van die lewe", maar afgesaagde gesegdes maak nie die angel van 'n geliefde se dood minder pynlik nie. Leer om na God toe te hardloop wanneer jy voor een van die moeilikste uitdagings in die lewe te staan kom.

My beste vir my Here
7 dae
Om jou heel beste vir God te gee, gaan iets van jou vra. Mag jy vandag die besluit neem om Jesus Christus die koning van jou hart te maak. Bid dat die Heilige Gees jou sal aanraak, sodat jy uit dankbaarheid net jou beste vir Hom wil gee. As jy twyfel oor hoeveel en wat jy moet gee, gaan vra vir God; Hy sal jou help.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!

In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"
14 Dae
Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

1 Korintiërs
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.