Wapenrusting van God预览

Wapenrusting van God

43天中的第42天

Lees: Psalm 119:9-16

SOAP: Psalm 119:11

"Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U."

Oordenking

Wat ons liefhet, bêre ons in ons harte. Om die Woord van God in ons harte te bewaar, is meer as net intellektuele kennis van wat die Bybel sê. Hierdie vers maak dit duidelik dat die regte tipe “opgaar”, vrugte in ons lewens dra. Wanneer ons probeer om die Bybel met ons verstand te verstaan en te memoriseer, moet ons ook bereid wees dat daardie woorde ons harte, wil en gewete beïnvloed. Slegs dan sal ons oorwinning oor sonde hê, om die versoekings te kan weerstaan. Wanneer ons God liefhet, sal ons sy Woord liefhê en bewaar.

Wanneer ons harte na God soek, sal ons voete Hom volg. Opgebergde kennis verander ons nie as dit nie uiteindelik in ons harte inbeweeg en ons lewens verander nie. Die uitvloei uit ons harte is ‘n begeerte om lewens te lei wat God verheerlik omdat ons Hom liefhet.

In ‘n wêreld wat voortdurend probeer om ons aandag af te lei, ons te versoek en ons van God af weg te trek, is dit belangrik dat ons ‘n doelbewuste poging aanwend om die Woord van God te ken en dit in ons harte te bêre. Of dit nou is om die Bybel te lees, die Skrif te memoriseer of tyd in gebed deur te bring, tyd maak vir die Woord van God behoort ‘n prioriteit in ons hele lewe te wees, aangesien ons probeer om God beter te ken en lief te hê.

Wanneer ons die Woord van God in ons harte bêre, rus ons onsself toe met die swaard van die Gees, en gee dit ons toegang tot die Skrif wanneer ons dit nodig het.

Gebed

Liewe Jesus, ek het U lief. Help my om u woorde in my hart te bêre en dit as skatte te waardeer. Help my om altyd gemotiveer te wees deur my liefde vir U, en weerhou my daarvan om teen U te sondig. Ek wil meer verstandkennis hê wat in groter hartskennis verander. Help my om u Woord in my hart te bêre sodat ek nie teen U sondig nie. Amen.

读经计划介绍

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More